Die Oos-Kaapse Tesourie begin met ʼn ondersoek na Covid-19-kontrakte

 Die Oos-Kaapse Tesourie begin met ʼn ondersoek na Covid-19-kontrakte

Die Oos-Kaap Tesourie het met die ondersoek na Covid-19-verwante kontrakte begin.

Provinsiale departemente en openbare instellings het sedert die 22ste van verlede maand Covid-19-verwante items ter waarde van ongeveer R1,2-miljard aangekoop.

Die provinsiale Tesourie se woordvoerder, Mzukisi Solani, sê hoewel dit nog te vroeg is om inligting oor die eintlike ondersoek bekend te maak, wil hulle die publiek in hul vertroue neem.

Die plan is om aan die einde van hierdie maand voorlopige verslae oor die voltooide ondersoek te lewer

LeandreAdmin@