Die Oos-Vrystaat tans sonder krag weens kabeldiefstal

Kabeldiefstal by ‘n landelike substasie het tot gevolg gebring dat duisende mense in die Oos-Vrystaat tans sit sonder krag.
Luidens ‘n mediaverklaring deur Eskom het die Greenlands-substasie in die slag gekom.
Die kragtoevoer was vanoggend 7:30 onderbreek. Netwerk24 berig dat boere en ander landelike kragverbruikers op die Tweefort, Greenlands, Heilbron en Frankfort kraglyne tans kragonderbrekings ervaar.
Volgens Eskom is hy besig met ‘n skade-bepaling voordat hy aanduiding sal kan gee oor hoe lank die krag sal af wees.

Luister na potgooie hieronder