Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, blameer die Departement van Korrektiewe Dienste vir Thabo Bester se ontsnapping uit die tronk.

Bester het in 2022 ‘n gewaagde ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe fasiliteit bewerkstellig.

Hy het sy eie dood nagemaak met die hulp van sy vriendin, dokter Nandipha Magudumana. Die Openbare Beskermer het verlede jaar ‘n ondersoek na Bester se ontsnapping geopen. Volgens GroundUp het die ondersoek bevind dat amptenare van die Departement van Korrektiewe Dienste onbehoorlik opgetree het.

Die saak oor Bester se ontsnapping is eers in Januarie verlede jaar geopen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×