Die Openbare Beskermer eis dat die Nasionale Vergadering die ondersoek na haar ampsbevoegdheid onmiddelik staak

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, eis dat die Nasionale Vergadering die ondersoek na haar ampsbevoegdheid onmiddelik staak weens die Kaapstadse Hooggeregshof beslissing.

In haar aansoek het sy gevra dat die parlement se reëls, wat ten doel het om ‘n sittende ampsdraer van ‘n Hoofstuk-9-instansie uit sy of haar amp te kan verwyder, ongrondwetlik te verklaar.

Die hof het dit egter van die hand gewys.

Die hof het wel beslis dat wysigings aan die reëls nodig is.

Die OB se woordvoerder, Oupa Segalwe sê dit sal ongrondwetlik wees indien die ondersoek voortgaan sonder dat die wysigings aangebring is.

Die Parlement, wat die beslissing verwelkom het, het aangedui dat hy wel regsadvies gaan inwin.

Luister na potgooie hieronder