Ses-tot 14-miljoen rand . . . Dit is die begroting vir vandag se luissterryke Opening van die Parlement in Kaapstad. Xolile George, parlementêre sekretaris, sê egter aan die media die geleentheid kan bietjie minder kos, en dit kan selfs ook méér as R14-miljoen kos. President Cyril Ramaphosa se Februarie-staatsrede het die belastingbetaler R8,4 miljoen uit die sak gejaag.

Thoko Didiza, Speaker van die Nasionale Vergadering het intussen haar versekering gegee dat president Cyril Ramaphosa se openingsrede vanaand op ordelike wyse sal verloop. Sy sê daar is afdwingbare reëls wat as teenvoeter dien vir enige ontwrigting. Nuwe parlementêre reëls is ingevoer, nadat EFF-LP’s die president tydens vorige staatsredes van stryk wou bring.

Didiza sê die reëls moet waardigheid verseker, en beklemtoon ook die belangrikheid van toesprake wat met toekomsplanne te make het. Dit vervat nou ‘n bepaling dat LP’s nie ‘n staatshoof ten tyde van ‘n openingsrede mag onderbreek nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×