Die Maseru- en Ficksburg-grenspos in die Vrystaat, is onder die ses Suid-Afrikaanse grensposte wat by wyse van ‘n multimiljardrand-plan opgeknap
gaan word.

Rosestad-nuus het vroeër berig vee ter waarde van meer as ‘n miljard rand word jaarliks in die Vrystaat gesteel, en dat dit veral ’n probleem langs die
grens met Lesotho is.

Die minister van binnelandse sake, doktor Aaron Motsoaledi, het gesê beter infrastruktuur en die jongste tegnologie sal die standaard van grensposbeheer en -bestuur merkwaardig verhoog.

Die DA se leier in die Vrystaat, doktor Roy Jankielsohn, het gesê benewens veediefstal, sluit misdaad op plase ook die steel van voertuie, landboutoerusting, saad, kunsmis en oeste in.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×