Die DA sê President Cyril Ramaphosa het tydens sy staatsrede gisteraand nie ‘n duidelike plan verskaf om beurtkrag te beëindig nie. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê luidens die SAUK voordat die regering nie ontslae raak van die staat se monopolie op die verspreiding van energie nie, sal die probleem nie opgelos kan word nie.

Intussen het Eskom Fase 4-beurtkrag aangekondig. Die hoër fase moes geïmplementeer word omdat twee opwekkingsweenhede vir herstelwerk uit diens gestel moes word. Fase 4 sal tot verdere kennisgewing geld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×