’n Vermiste paartjie, die 29-jarige Lebohang Mokatedi en sy 19-jarige vriendin, Nthabiseng Mokonyane, is met hul families in Botshabelo herenig.

Die vrou het Maandag, 30 Desember 2024 in Botshabelo aangekom.

Volgens ‘n polisiemediaverklaring het verdere ondersoeke gelei tot die opspoor en vind van die man in Oos-Londen.

Die blydskap was egter van korte duur vir Mokatedi se familie, aangesien hy in hegtenis geneem is nadat sake van bedrog in Bloemspruit en Selosesha teen hom geopen is.

Hy sal na verwagting Woensdag 2 Januarie 2025 in die Bloemfontein-landdroshof op aanklagte van bedrog verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×