Die optrede van polisiebeamptes tydens die onlangse onrus gaan ondersoek word

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, sê daar gaan ‘n ondersoek gedoen word na die optrede van polisiebeamptes tydens die onlangse onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng.

Cele het die optrede van polisiebeamptes as traag bestempel.

Soos reeds berig is sowat 300 mense in die geweld dood.

Luidens berigte is meer as 30 speurders aangestel om die rol van wetstoepassers in die onrus te ondersoek.

Intussen het die polisie drie mans vasgetrek wat vermoedelik betrokke is by rooftogte, ontvoering en kapings in Gauteng.

Die drie verdagtes sal na verwagting vandag in die Mooirivierlanddroshof verskyn.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die verdagtes by ander misdaad betrokke was.

Luister na potgooie hieronder