Die Organisasie teen Belastingmisbruik, of Outa, het gesê die aankondiging van ʼn nasionale ramptoestand om die land se kragkrisis te hanteer maak nie sin nie.

Outa het gister ʼn dringende hofaansoek teen die afkondiging by die Pretoriase Hooggeregshof ingedien.

Soos baie ander organisasies en politieke partye, meen Outa die besluit is irrasioneel, arbitrêr en onwettig.

Die organisasie se Stefanie Fick het gesê jare se wanbestuur kan nie ‘n rasionele regverdiging vir die afkondiging van ‘n nasionale ramptoestand wees nie.

Die vakbond Solidariteit, wat ook regstappe in dié verband neem, het gesê die afkondiging van ʼn ramptoestand dien geen doel nie.

Sy uitvoerende hoof, doktor Dirk Hermann, meen die regering sélf is die oorsaak van die elektrisiteitskrisis en dat hy homself nie tot ramp kan verklaar, en dan buitengewone magte verkry om die sogenaamde ramp op te los nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×