Die voormalige Springbok-losskakel Derick Hougaard veg glo om sy lewe.
Netwerk24 berig die 40-jarige is al sewe dae lank in ‘n koma in ‘n Pretoriase hospitaal.
Die verslag sê hy het inflammasie van die longe.
Hougaard het glo naar gevoel nadat hy verlede Vrydag gaan slaap het, en die volgende oggend hospitaal toe geneem is.