Die Ouditeur-Generaal, of OG, het hul kommer uitgespreek oor die verhoging in bedrae vir medies-regseise. Volgens die kantoor van die OG het hierdie eise tot R125 miljard rand teen Maart 2022 toegeneem. IOL berig die OG het die parlement se Gekose Komitee oor Bewilligings in die Nasionale Raad vir Provinsies ingelig oor die impak van mediese-regseise op die provinsiale begrotings. Die departement van gesondheid is onder groot druk om die eise uit te betaal. Die OG het gesê die bedrag verteenwoordig 15-duisend eise teen die departement. Die provinsiale departemente begroot nie vir die eise nie en verwag dan van tesourie om in te staan. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×