Die kantoor van die ouditeur-generaal sê daar behoort meer skakeling met die parlement se portefeuljekomitee oor water en sanitasie te wees. Daar is na die prestasie van die vorige administrasiekomitee gekyk, om te bepaal hoe sake bestuur kan word om groter sukses te behaal.
Thabelo Mosisinyane, leier van die besigheidseenheid in die OG se kantoor, sê hulle het met ‘n strategie vir kultuurverskuiwing vorendag gekom om dienslewering te verbeter.