Die liggaam van Pierre Buyoya, voormalige president van Burundi, is uit Mali gerepatrieer. Hy is twee maande voor sy dood, in absentia skuldig bevind aan die 1993-moord op sy opvolger, Melchior Ndadaye. Buyoya is in 2020 in Frankryk oorlede, nadat hy COVID-19 opgedoen het.

Hy het Burundi vir 13 jaar regeer, nadat hy twee militêre staatsgrepe aangevoer het. AFP berig Buyoya word vandag in ’n private seremonie in sy tuisland herbegrawe.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×