Van die amper 87-duisend mense wat in die Vrystaat aansoek gedoen het om ‘n spesiale stem uit te bring, is die oudste persoon ‘n 110-jarige man van Botshabelo. Jabulani Tshabalala, provinsiale kiesbeampte, het aan netwerk 24 gesê die man mag nie geidentifiseer word nie.
Daar is ook persone wat in 1917 en 1918 gebore is en onderskeidelik 107 en 108-jaar oud is. Die OVK het in Bloemfontein gesê ongeveer 4-duisend-700 polisielede sal van vandag af in sekere Vrystaatse dorpe ontplooi word. Geen voorvalle is nog in die provinsie aangemeld nie.