Die moord van ‘n geliefde melkman in 1968, ‘n veteraan van die Tweede Wêreldoorlog, Hiram Ross Grayam, is uiteindelik opgelos. AFP berig Grayam wat ook ‘n  Purple Heart vir dapperheid van die Amerikaanse weermag ontvang het, is 56-jaar gelede vermoor toe hy melk afgelewer het.

Die Indian River-sheriffkantoor in die suidooste van Florida, het gesê die moordenaar was Thomas J. Williams wat 21-jaar oud was toe die misdaad gepleeg is. Hy is in 2016 oorlede. Eric Flowers, ‘n sheriff van Indian River, het gesê Grayam is die laaste keer lewend gesien saam met twee mans in sy afleweringsvoertuig. Hy is op ‘n teregstellingswyse vermoor. Williams het in 2006 ‘n verdagte geword en na sy dood, het sy eksvrou en ‘n vriendin na vore gekom om te sê Williams het skuld aan hulle beken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×