Pasiënte in Suid-Afrika, wat dringend skenkerbloed benodig, se oorlewingstryd hang in die weegskaal. Bloedstore van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens was reeds vóór die Kersnaweek amper heeltemal uitgeput.
Om ‘n Oujaars-katastrofe te voorkom, moet daar vandag nog opgetree word. Hendrieka Beukes van die SANBS sê elke skenker se onbaatsugtige opoffering word waardeer.
Sonder diegene wat reeds gedurende die feestyd geskenk het, sou die huidige krisis aldus Beukes, teen nou veel erger gewees het.
Hier moet jy vandag in Bloemfontein gaan bloed skenk:
● Victorian Square in Westdene van agt tot twaalf
● Bloemplaza van nege tot een
● Mimosa Mall van nege tot vyf
● En by die Southern Centre in Benaderylaan van nege tot een