Die Onafhanklike Verkiesingskommissie verwag die eerste besending stembriewe teen die einde van die week. Die Verkiesingshof het nou alle verkiesingsverwante sake afgehandel wat die stembrief moontlik kon beinvloed het.
Intussen is die OVK in gesprek met Eskom oor ‘n beurtkrag-gebeurlikheidsplan vir die verkiesing. Die kommissie sê elektrisiteitsonderbrekings kan sy vermoë belemmer om ‘n
vrye en regverdige verkiesing aan te bied.