Stappe word oorweeg nadat lede van die MK-party glo ʼn pakhuis en personeel van die Onafhanklike Verkiesingskommissie in die eThekwine-metro in KwaZulu-Natal bedreig het. Stembriewe word by die pakhuis geberg.
Die adjunk- uitvoerende hoof van verkiesings van die OVK, Masego Sheburi, het gister tydens ʼn mediakonferensie by die nasionale uitslagsentrum in Midrand, gesê die optrede het onwettige inmenging by materiaal van die verkiesing behels. Hy het genoem dat daar geen ongerymdhede betrokke is met die stembriewe wat by pakhuise geberg word nie. Hy sê die OVK is in kontak met die party en die polisie sodat die saak verder ondersoek kan word. Hy sê hulle sal veiligheidsmaatreëls by hulle pakhuise regoor die land versterk.