Die OVK sal na verwagting vandag sy aansoek om die plaaslike regeringsverkiesings uit te stel indien

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sal na verwagting vandag ‘n aansoek by die Grondwet Hof indien om die plaaslike regeringsverkiesings uit te stel.

Dit volg die Moseneke-ondersoek wat aanbeveel het dat die verkiesingsdatum tot Februarie aanstaande jaar uitgestel word weens die Covid-19 pandemie.

Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het vroeër aan die media gesê sy is nie by magte om die verkiesing uit te stel na ‘n latere datum nie.

Volgens haar is dit ‘n aangeleentheid vir die Grondwet Hof.

Mosotho Moepye, die kommissaris van die Verkiesingskommissie, sê die kommissie aanvaar dat verkiesings op 27 Oktober moontlik nie vry en regverdig sal wees nie.

Luister na potgooie hieronder