Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê goeie vordering is gemaak met spesiale stemme wat gister begin het en vanmiddag om vyfuur tot ‘n einde kom. Teen gistermiddag is meer as 200-duisend stempuntbesoek aangeteken vir spesiale stemme by 22 262 dienspunte.

Altesame 624 593 kiesers sal oor die twee dae deur 62-duisend OVK-beamptes besoek word. Die OVK het dit duidelik gemaak dat in gevalle waar kiesers twee keer probeer stem, die tweede probeerslag die eerste stem sal uitskakel. Dit word gedoen om die integriteit van die verkiesing te beskerm en te voorkom dat kiesers twee keer stem.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×