Die Onafhankilke Verkiesingskommissie, die OVK, het sy teiken van 1 miljoen kiesersregistrasies op die eerste dag van sy registrasienaweek oorskry.

Volgens Netwerk24 het Sondag het net so goed verloop, by die meer as 23 000 registrasiepunte.

Teen omstreeks halfeen Sondagmiddag is meer as 600 000 registrasie-transaksies by registrasiepunte aangeteken.

Stemgeregtigdes het ook die aanlyn portaal vir registrasie benut. Saterdag het meer as 100 000 nuwe kiesers op die aanlyn portaal geregistreer, en teen Sondagmiddag het meer as 40 000 nuwe stemgeregtigdes aanlyn geregistreer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×