Die OVK sê sy integriteit sal daarmee heen wees, indien hy nie daarin slaag om ʼn vrye en regverdige verkiesing te lewer nie.

Ondanks veelvuldige regsuitdagings wat hy die afgelope paar maande in die gesig moes staar, glo die kommissie dat hy alles in sy vermoë gedoen het om die integriteit van die land se sewende demokratiese verkiesing te beskerm.

Die hoofkiesbeampte van die OVK, Sy Mamabolo, sê die uitslagsentrum, wat gister amptelik in Midrand geopen is, sal weer die middelpunt van die verkiesingsproses wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×