Die OVK versoek die grondwethof om die DA-aansoek te verwerp

Die Verkiesingskommissie, OVK, dring daarop aan dat die DA se hofaansoek, om die heropening van die registrasieproses vir die munisipale verkiesing nietig te laat verklaar, verwerp moet word.

Die OVK beskou die DA-aansoek as wetlik onverdedigbaar en voorbarig, en kom neer op ‘n poging om twyfel te skep oor die
kommissie se besluit.

In afsonderlike hofstukke vra ook die ANC dat die DA se aansoek verwerp moet word teen koste.

Die hofstryd volg nadat die OVK vroeër vandeesweek bekend gemaak het dat registrasie vir kiesers en kandidate vir die
munispale verkiesing heropen.

Die bekendmaking het gebeur nadat die grondwethof die aansoek om uitstel van die verkiesing geweier het.

Luister na potgooie hieronder