Die PA en Good het ook by die regering van nasionale eenheid aangesluit. Die PA-leier, Gayton McKenzie, het gister op sosiale media aangekondig dat sy party trots is om deel van die regering van nasionale eenheid te wees. Die regering van nasionale eenheid het nou ‘n meerderheid van 273 setels in die parlement.

Die ANC het ander politieke partye genooi om die regering van nasionale eenheid te stig nadat hulle nie daarin kon slaag om die meerderheid stemme in verlede maand se verkiesing te kry nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×