Die pa van ’n 14-jarige seun wat daarvan beskuldig word dat hy vier mense by sy hoërskool in die Amerikaanse deelstaat Georgia vermoor het, is in hegtenis geneem.
CNN berig dat die aanklagte teen Colin Gray daaruit spruit dat hy sy seun glo wetend toegelaat het om ‘n wapen te hê.
LEES MEER: Skoolskietery in VSA eis vier lewens
Volgens owerhede is die 14-jarige se eerste hofverskyning Vrydag en word hy van vier aanklagte van moord aangekla. Hoewel hy minderjarig is, sal hy as volwassene vervolg word.
Die skietery by die Hoërskool Apalachee in die stad Winder, naby Atlanta, het twee onderwysers en twee studente dood en nege ander beseer gelaat.