Die 35-jarige man, wat na bewering die pa van ’n 16-jarige meisie se tweede kind is, is steeds op vrye voet.

News24 berig dat die Noordwes-polisie hom nog nie in hegtenis geneem het nie.

Die 16-jarige meisie het op Nuwejaarsdag aan haar tweede kind in Vryburg geboorte geskenk.

Tydens ’n hospitaalbesoek het die Noordwes se premier, Lazarus Mokgosi, gesê dat maatskaplike werkers ’n saak van statutêre verkragting teen die pa van die kind moet open.

Na Kersfees het Rosestad-nuus berig van ʼn 13-jarige meisie van Limpopo wie se 28-jarige kêrel in hegtenis geneem is, ook vir statutêre verkragting.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×