Die finansiële state van die Padongelukkefonds weerspieël nie uitstaande eise en laste akkuraat nie, luidens ‘n verslag wat die kantoor van die Ouditeur-Generaal aan die parlement voorgelê het.
Die fonds en die Ouditeur-Generaal is in ‘n hofstryd gewikkel oor die fonds se besluit om ‘n omstrede rekeningkundige metodologie te aanvaar. Die metodologie het die fonds se laste van R327-miljard tot net R34 miljard gesny.
Die saak is na die Hoogste Hof van Appèl geneem nadat Padongelukkefonds ‘n hooggeregshofsaak verloor het.