Die Palestynse Islamitiese beweging, Hamas, het vroeër vandag sy grootste aanval in jare, op Israel uitgevoer.

Swaar gewapende mans het die grens ten tyde van die onverwagse aanval oorgesteek, terwyl ‘n beweerde 5 000 missiele vanaf die Gaza-strook afgevuur is.

’n Aantal terroriste het volgens die nuusagentskap Reuters, die Israeliese gebied vanaf die Gaza-strook geïnfiltreer. Hamas se militêre bevelvoerder het die inval op ‘n uitsending van Hamas-media aangekondig.

Hiertydens het hy ‘n beroep op alle Palestyne gedoen “om te veg in die grootste stryd om die laaste besetting op aarde te beëindig”.

Die Israeliese weermag is op gereedheidsgrondslag en sy premier, Benjamin Netanyahu, het reeds noodvergaderings met rolspelers belê.

Vandag se infiltrasie word beskou as die grootste enkele aanval sedert Israel en Hamas se 10-dag-oorlog in 2021.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×