Die parlement sê dat die speaker, Thoko Didiza, ‘n beswaar ontvang het teen die MK-party se John Hlophe se benoeming om op die Regterlike Dienste Kommissie (RDK) te dien. Die parlement moet nog reageer op die groep van ses burgerlike organisasies wat beswaar aangeteken het.

Dit sluit Freedom Under Law, Judges Matter en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (CASAC) in. Die organisasies het in die brief aan Didiza gesê dit is noodsaaklik dat individue wat aangewys is om op die RDK te dien ‘n verbintenis tot die handhawing van grondwetlike demokrasie toon. Hlophe het die land se eerste regterpresident geword wat deur die parlement van onetiese gedrag aangekla is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×