Die parlement het reëls vir sy werksaamhede begin neerlê voor die verwagte kabinetsaankondiging deur president Cyril Ramaphosa. Die voorsittende beamptes van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies het Woensdag reëlvergaderings gehou om hul strukture op te rig. Die vergaderings het ook spreektyd in die huis bepaal.
Die nuwe reëls sluit die uitbreiding van portefeuljekomitees in om die verhoogde aantal politieke partye ná verlede maand se verkiesing te akkommodeer. Politieke partye het ingestem om die komitees van 11 tot 15 te vermeerder. Intussen het die Azapo party Ramaphosa veroordeel oor sy gesloer met die aankondiging van die nuwe kabinet. Ramaphosa stel die aankondiging al meer as ‘n week uit.