Die parlement sê hy is besig om stelsels daar te stel om toesig te hou oor die implementering van stappe teen parlementslede wat in die Zondo-kommissie se verslag by staatskaping betrek word. Netwerk24 berig president Cyril Ramaphosa het reeds die derde deel van die Zondo-verslag, wat handel oor die optrede van huidige en voormalige parlementslede, by die parlement ingedien. Die verslag identifiseer verskeie vorige en huidige parlementslede wat moontlik by onwettige of onetiese gedrag betrokke is of was. Die parlement se etiekkomitee sal ondersoek na die bevindings teen parlementslede ondersoek. Ramaphosa het hom verbind om die res van die verslae voor of op 31 Augustus in te dien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×