Die parlement het bewerings ontken dat hy sy voete sleep oor die Phala Phala-saak. Die parlement het Woensdagaand in ‘n verklaring gesê oproepe deur politieke partye vir ‘n ad hoc-komitee is voortydig en misleidend. Dit kom nadat politieke partye gister tydens ‘n perskonferensie aangekondig het dat hulle aansoek sal doen vir ‘n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa. Parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die ATM het reeds só ʼn mosie ingedien maar dat die regte prosesse nie tydens die indiening gevolg is nie. Volgens Mothapo is dít die rede waarom die proses sloer en nie as gevolg van die Speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se gebrek aan optrede nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×