Met die vorming van die regering van nasionale eenheid is daar sekere parlementêre reëls en titels wat hersien behoort te word. Dit is veral titels wat die ANC as die meerderheidsparty beskryf soos hoofsweep van die meerderheidsparty, die amptelike opposisie en die leier van die opposisie.
Die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Masibulele Xaso, het gister dié voorstel aan die parlementêre reëlskomitee gemaak. Die voorstelle sal op die volgende sitting van die Subkomitee oor die Hersiening van Reëls oorweeg word.