Die portefeuljekomitee vir hoër onderwys gee die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, nou slegs twee weke kans om breedvoerig verslag oor voortslepende betalings- en verblyfprobleme te doen.

Voorts het parlementslede gister hul misnoë uitgespreek oor die nadelige gevolge wat dit vir studente se toekoms kan inhou.

Die skema sê hy ervaar ‘n wye verskeidenheid uitdagings wat tot die vertraging van verskeie prosesse lei.

Die instansie het skynbaar ook versuim om noodsaaklike akkreditasie-prosesse vir studente-akkommodasie aan te spreek.

Landwye studentebetogings, ook in Bloemfontein, het amper reeds ‘n jaarlikse “instelling” geword.

Vanjaar beweer ontstoke studente dat verskeie uitbetalings sonder kennisgewing gestop is, en dat baie van hulle ook nie ‘n verblyftoelaag ontvang het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×