Die parlement moet na Bloemfontein of Pretoria verskuif word.

Só sê Zandile Mafe, wat teregstaan op aanklag dat hy die parlementskompleks in Kaapstad aan die brand gesteek het.

Mafe het vanoggend skreeuend in die hof erken hy het die 2022-brand gestig. Hy het ook uitlatings gemaak oor wit mense wat glo swart mense vermoor.

Die verrigtinge in die hooggeregshof in Kaapstad is ‘n ruk lank op ys gesit vir Mafe se regspan om hom te kalmeer.

Rosestad-nuus het vroeër berig Mafe is in Maart vir evaluasie na ‘n psigiatriese hospitaal in die Oos-Kaap gestuur.

Die evaluasie moes bepaal of hy toerekeningsvatbaar was op die dag toe hy na bewering die brand gestig het.

Hoewel die evaluasie afgehandel is, is die inhoud van die verslag nog nie bekend gemaak nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×