Die pas-gekroonde Mej. Windmill Bloemskou 2022 wil deur gemeenskapsdiensprojekte ‘n daadwerklike verskil maak. Tharina van der Walt van Bloemfontein, wat hierdie gesogte titel onlangs opgeraap het, het Dinsdagoggend aan Rosestad-soeklig gesê dat sy nie net gedurende haar jaar as Mej. Windmill Bloemskou skouer aan die wiel gaan sit om ander te help nie, maar dat sy dit as ‘n lewenstaak sien. Dit was die heel eerste keer dat Tharina aan ‘n skoonheidskompetisie deelgeneem het en sy het haar familie en vriende asook die Bloemfontein-gemeenskap vir hulle ongelooflike ondersteuning bedank. Sy het gesê dit is vir haar belangrik dat mense besef skoonheidskompetisies gaan oor veel meer as net skoonheid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×