Die Patriotic Alliance, of PA, het gesê die land kort sterker beveiliging van grense. Die party se leierskap is tans besig met ‘n veldtog om te keer dat onwettige immigrante die Limpoporivier van Zimbabwe na Suid-Afrika oorsteek. Die party se adjunkpresident Kenny Kunene het aan SABC Nuus gesê meer as 700 mense is na Zimbabwe teruggewys terwyl hulle probeer het om die rivier oor te steek. Kunene sê minstens agtduisend soldate behoort langs die grens ontplooi te word om te verhoed dat ongedokumenteerde buitelandse burgers die land binnekom. Intussen, het die Grens Bestuursowerheid of BMA, gesê dat suksesse wel behaal word, maar een van sy grootste uitdagings is herhaalde oortreders wat onwettig probeer om die land binne te kom. Minstens 400 mense is in hegtenis geneem en terug na Zimbabwe gedeporteer ná ‘n drie dae lange operasie by die Beitbrug-grens in Limpopo. Beitbrug is een van die land se besigste grensposte. Die hoof van die BMA, Michael Masiapato, het gesê dat hulle voortdurend mense in hegtenis neem wat probeer om Suid-Afrika onwettig binne te kom.