die pen van Brittanje se Prins Harry, is vir al die verkeerde redes, dalk inderdaad magtiger as die swaard.

Harry sê egter bewerings dat hy in sy nuwe boek oor die dood van 25 Taliban-vegters spog, is ‘n gevaarlike leuen.

Hy word wyd gekritiseer vir die bespreking van hierdie moorde in sy omstrede boek wat gister vrygestel is.

Die prins skryf, volgens die Britse media, dat hy ten tyde van sy militêre diens in Afghanistan, sélf die lewe van dié 25 soldate geneem het.

Die leser word na bewering ook meegedeel dat Harry ‘n oorlog met ‘n potjie skaak vergelyk en na gesneuwelde soldate as skaakstukke verwys.

Hierdie parallelle word deur kritici in militêre kringe as uiters onverantwoordelik uitgekryt.

Intussen beskuldig Prins Harry nou die media daarvan dat joernaliste die woorde uit sy pen buite verband aanhaal en verdraai.

Hy is van mening die media se berriggewing plaas die lewens van sy gesin op die spel.

Die boek, getiteld, Spare, vlieg blykbaar teen ‘n ongekende spoed van winkelrakke af.

Met die ink skaars droog, is dit glo reeds die blitsigste nie-fiksie-verkoper in die Verenigde Koninkryk se boekhandel-geskiedenis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×