Matthew Crooks, pa van die 20-jarige Thomas Crooks probeer nog sin maak van die skietery waarin Donald Trump gewond is. Matthew se seun is gister deur wetstoepassers doodgeskiet nadat hy ‘n vermeende sluipmoordaanval op Trump geloods het. Die pa sê hy sien nog nie kans om vrae oor sy seun te beantwoord nie. Volgens die kiesersrol is Thomas as Republikein geregistreer. Die ondersoek na ‘n motief vir die aanval duur voort.

Donald Trump is in die boonste deel van sy regter-oorskulp raakgeskiet by ‘n veldtogsaamtrek in die Amerikaanse deelstaat Pennsylvania. ‘n Omstander is doodgeskiet, en nog twee ander mans is ook in gister se aanval gewond. BBC skryf die skieter is kort hierna deur agente van die VSA-geheimediens doodgeskiet. Die Amerikaanse Federale Ondersoekburo hanteer dit as sluipmoordpoging op die 78-jarige Trump. Na die aanval was hy ‘n kort rukkie in ‘n hospitaal vir mediese sorg.

Die vermeende skieter was volgens CNN ongeveer 150 meter weg van die podium toe die skote begin klap. Die FBI het bevestig die skut het sy aanval van bo geloods. Oogetuies het hom kort voor die aanval, glo op die dak van ‘n nabygeleë gebou sien kruip.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×