Vrese dat die Israel-Hamas-oorlog wyer in die Midde-Ooste kan uitkring, is aan die toeneem.
Volgens Reuters het Amerika aangedui hy sal sy belange in die Midde-Ooste moet beskerm.
Die Pentagon het reeds ‘n groot vlootmag-afvaardiging na die gebied gestuur.
Dit sluit twee vliegdek-skepe, ‘n aantal ondersteuningskepe en nagenoeg 2 000 soldate in.
Die ontplooiing van Amerikaanse magte het ten doel om Iran-geaffilieerde magte te ontmoedig om tot die stryd toe te tree.