Terwyl Pepfar-personeel aan Suid-Afrika onttrek, is daar in hierdie stadium geen medisynetekorte in die Vrystaat nie.
So sê die woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, na bewerings dat daar glo tekorte aan sekere medisyne in die provinsie is.
Netwerk24 berig die Vrystaat departement van gesondheid voldoen aan die nasionale gesondheidstandaarde. Daar was wel probleme met medikasie vir diabetes, maar die probleem is opgelos.
Netwerk24 berig verder verskeie klinieke in Bloemfontein sê hulle het ‘n goeie voorraad van medikasie. Hulle voeg by hulle beplanning was goed en indien daar nie genoeg voorraad van ‘n sekere soort medikasie is nie, bestel hulle gou van ‘n ander mediese instelling in die stad.