Die personeelstruktuur van die Mangaung-metro munisipaliteit is luidens gerugte ‘n mense-mallemeule met waarnemende burgemeester, Gregory Nthatisi, se visie.
Hy ontken egter enige ongerymdhede. Volgens Nthatisi het hy ‘n nuwe kantoorhoof aangestel omdat die vorige een nou raadslid is.
Netwerk24 berig hy het gesê die nuwe kantoorhoof moet nog eers die onderhoudproses volg, nadat die pos volgende week geadverteer gaan word.
Nthatsi het twee ander personeellede, wat met sy aankoms reeds daar was, se kontrakte verleng. Hy het later verneem dat hy dit nie mog doen nie.
Dié aanstellings is dus nietig verklaar.
Hierdie poste moet nou ook eers geadverteer word.
Dieselfde geld skynbaar vir ondersteuningspersoneel van die burgemeesterskomiteelede.
Nthatsi het gesê hy is narstiglik opsoek na die regte kandidaat vir die pos van munisipale bestuurder.
Rosestad-nuus het vroeër berig daar is reeds in 2018 goedkeuring vir die aanstelling van ‘n munisipale bestuurder gegee, maar daar het dadels van gekom.