Die persoon wat tans die rykste ter wêreld is, Jeff Bezos, het die rekord verbeter vir die hoogste prys wat vir ‘n huis in Los Angeles betaal is

 Die persoon wat tans die rykste ter wêreld is, Jeff Bezos, het die rekord verbeter vir die hoogste prys wat vir ‘n huis in Los Angeles betaal is

Die persoon wat tans die rykste ter wêreld is, Jeff Bezos, het die rekord verbeter vir die hoogste prys wat vir ‘n huis in Los Angeles betaal is, toe hy
2,45-miljard rand vir die Warner-landgoed in die stad opgedok het.

Die eiendom is in 1937 deur die eienaar van die Warner Brothers-rolprentateljee, Jack Warner, gebou.

Daar is ‘n herehuis asook gastehuise, ‘n tennisbaan, gholfbaan en reuse-terrasse en tuine.

Die stigter van Amazon het die vorige rekord verbeter wat Lachlan Murdoch van die Fox-korporasie verlede jaar opgestel het toe hy die Chartwell-landgoed in die Bel Air-voorstad van Los Angeles vir R2,23-miljard gekoop het.