Die Kimberley landdroshof het ‘n beskuldigde wat die seinkabel van ‘n Transnet-spoorlyn in Cassandra gesny het, tot 14 jaar en 6 maande gevangenisstraf gevonnis.
Die Noord-Kaapse waarnemende provinsiale kommissaris, het sers Orapeleng Mosala, van provinsiale georganiseerde misdaad, toegejuig vir sy noukeurige ondersoekwerk. Hy het bygevoeg dat misdade wat verband hou met die peuter van noodsaaklike infrastruktuur een van die provinsie se top prioriteite bly.