Die Phala Phala-plaasroofsaak is tot 26 November uitgestel nadat die drie beskuldigdes in die Modimolle-streekhof in Limpopo verskyn het.
Die hof het die saak uitgestel ná samesprekings oor die dossier laat aan die verdediging verskaf was, en die verdediging het om meer tyd gevra om vir die voorverhoorverrigtinge voor te brei.
Die drie word daarvan beskuldig dat hulle meer as R10 miljoen in 2020 van president Cyril Ramaphosa se plaas gesteel het, en staan tereg op aanklagte van huisbraak, diefstal en sameswering om huisbraak te pleeg met die doel om te steel.