Die mobiele gesondsheids-trein, Transnet Phelophepa, het veilig by die Bethlehem treinstasie aangekom.
Dit nadat Rosestad-nuus vroeër berig het dat die besoek weens stortreën in die Vrystaat uitgestel is.
Die Vrystaatse gesondheidswoordvoerder, Mondli Mvambi, sê in ‘n kennisgewing die dienste sal van 1 tot 9 Mei hervat word.
Volgens een van die wêreld se grootste biotegnologiemaatskappye, Roche, is die treine ‘n gratis, mobiele gesondheidsorgklinieke wat na landelike gebiede in Suid-Afrika reis, waar daar net een dokter vir elke 5 000 pasiënte is.
Phelophepa beteken “goeie, skoon gesondheid” met Roche wat die projek se hoof eksterne borg sedert die eerste treinreis in 1994 is.