Die strafbare manslag-saak teen ‘n pitbull-eienaar van Bloemfontein, is van die hofrol geskrap. Die man sou vandag in die landdroshof verskyn het, nadat sy pitbull-honde sy vriendin op sy erf in die Brandwag-woonbuurt doodgebyt het.

Daar bestaan skynbaar geen vooruitsig dat hy suksesvol vervolg sal kan word nie. Rosestad-nuus het vroeër berig die 28-jarige vrou is met die polisie se aankoms op die toneel aangetref waar sy oortrek van bytwonde op die grond lê. Daar was vier pitbulls en ‘n werpsel op die perseel. Drie van die honde is van kant gemaak. Die vierde hond en haar werpsel is deur die DBV weggeneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×