Laboratoriumtoetse het aan die lig gebring dat Terbufos, ‘n hoogs giftige plaagdoder wat aan veelvuldige kindersterftes in die land gekoppel is, glo onwettig van ‘n buurland ingevoer is.

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het bevestig geen plaaslike vervaardigers was betrokke nie en daar is verskille in die voorkoms van die ingevoerde stof opgemerk.

Terbufos is tot landbougebruik beperk, maar word onwettig in Johannesburgse spaza-winkels verkoop.

Ondersoeke duur voort. Vyf gelisensieerde Suid-Afrikaanse fabrieke wat Terbufos vervaardig, werk saam met die owerhede en daar is geen bewyse wat daarop dui dat hulle die chemiese middel onwettig versprei het nie

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×