Die plaaslike regeringsverkiesing moet plaasvind tussen 27 Oktober en 1 November vanjaar

Nuus pas bekend gemaak is dat die Grondwethof laat vanmiddag besluit het dat die plaaslike regeringsverkiesing moet plaasvind tussen 27 Oktober en 1 November vanjaar.  Dit volg nadat die onafhanklike Verkiesingskomissie, die OVK, ‘n aansoek by die hof ingedien het om te versoek dat die verkiesing uitgestel moet word.  Netwerk24 berig dat oud-adjunkhoofregter, Dikgang Moseneke het na ‘n ondersoek namens die OVK beslis dat die verkiesing nie vry en regverdig sal wees in die huidige pandemie nie.  Hy het egter voorgestel dat die verkiesing nie tot later as einde Februarie aanstaande jaar uitgestel kan word nie. Meer inligting hieroor sal volg.

Luister na potgooie hieronder